Local newsNews

Laerskool Vissershoek vier 130e verjaarsdag

Die noord-skool sal in Oktober vanjaar 13 dekades van “goeie waardes” vier.

Laerskool Vissershoek, in die De Wildt-omgewing, sit hierdie jaar 130 kersies op hul koek.

Dié Afrikaanse plaasskool, ongeveer 20km wes van Pretoria Noord, het ’n leerdergetal van 214 en 16 personeellede.

Op 12 Oktober is die skool amptelik 130 jaar oud.

Feesvieringe het egter vroeg begin hierdie jaar met ’n fondsinsameling wat deur die leerlinge behartig word.

Graad R-klas by Laerskool Vissershoek. Foto: Facebook

Lootjieboekies word verkoop aan ouers en gemeenskap om nodige fondse in te samel vir die skool. Op die skool se verjaarsdag, gaan lootjies getrek word vir pryse – wat weggaan-naweke insluit.

Die skoolhoof, mnr. Freek Hennop, het ’n beroep op ouers en gemeenskap gedoen om die skool te ondersteun in projekte om ook minderbevoorregte leerders te help.

Op die skool se Facebookblad vra Hennop vir skenkings van enige nie-bederfbare kosse, seep, tandepasta, blikkieskos en ander donasies wat behoeftige gesinne kan ondersteun.

Donasies kan by die skool se kantoor afgelewer word.

In ’n skoolbrief, sê Hennop, is “goeie waardes” die belangrikste waarna die skool, vir die afgelope 130 jaar, na streef.

“Hier by ons skool het ons waardes wat ons by ons leerders wil tuisbring. Hier lê ons meer klem op goeie waardes teenoor reëls.

Laerskool Vissershoek se graad 4A-klas. Foto: Facebook

Om kinders met goeie waardes groot te maak, is nie iets wat ouers iewers kan leer nie. Die meeste pak die taak maar met die beste bedoelings en op ’n leer-en-probeer manier aan. Jou waardes bepaal in ’n groot mate hoe jy na die wêreld kyk, jou karakter, geloof, optrede en leefwyse.

Kinders se waardes word deur hul ouers se waardes, hul vriende, musiek, die media, sosiale media, hul geloof, onderwysers en hul rolmodelle bepaal. Ouers se impak op dié waardes het meestal die grootste impak.

’n Sterk karakter met gesonde waardes en leefwyses het meestal die grootste impak. ’n Sterk karakter met gesonde waardes wat kleintyd al aangeleer word, is van die min dinge wat ’n kind ’n leeftyd kan hou en vir hul gesonde vrugte bly lewer. Om vir kinders waardes te leer, vra van ouers om duidelikheid oor hul eie waardes en optrede te kry.

Die hoofleiers vir 2021 van Laerskool Vissershoek. Foto: Facebook

Die verskil tussen waardes en reëls is dat waardes gaan oor hoe ’n mens behoort op te tree, en reëls oor hoe jy nie moet optree nie. Kinders rebelleer selde teen waardes, maar meestal teen reëls. As jy goeie waardes het sal jy die reëls gehoorsaam.”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Check Also
Close
 
Back to top button